📞 082 926 9023 ✉️ gretha@shisas.com 📍 Fichardtpark, Bloemfontein
Aanlyn Berading Beskikbaar

Kankerpasiënte & Visualisasie Terapie

’n Holistiese (liggaam en gees) benadering wat jou ondersteun tydens jou mediese behandeling.

Is jy gediagnoseer met kanker?

Voel jy verslae, ontnugter en vrees jy die dood? Is daar iets wat jy self kan doen? Ja, jy kan kom vir visualisasie terapie. Baie van ons glo dat om gesond te word iets is wat bloot aan ons “gedoen” word — dat ons net by die regte dokter moet uitkom en dié sal ons gesond maak. Dit is waar, maar dit is slegs ’n deel van die proses. Jy kan ’n belangrike rol speel in jou eie genesing deur jou gevoelens, houding teenoor die lewe, geloof, oefening en dieet.

Visualisasie minimaliseer hoegenaamd nie die rol van die dokter en ander professionele gesondheidspersoneel wat betrokke is by jou gesondheid nie. Dit help jou om te doen wat jy kan om aktief deel te neem aan die proses sodat jy jou lewensverwagting kan verleng en/of die kwaliteit van jou lewe aansienlik kan verbeter.

Wat is visualisasie terapie?

Visualisasie terapie behels ’n proses van diep ontspanning en dan die gerigte visualisering van die begeerde doelwit. By ’n kankerpasiënt is die begeerde doelwit dat die mediese behandeling (operasie, bestraling, chemoterapie) die kankerselle effektief vernietig en dat die liggaam se natuurlike vermoë om siekte teen te werk aangewakker word.

Siekte is nie net ’n fisiese probleem nie, maar raak die hele persoon — liggaam én gees. Visualisasie is deel van ’n holistiese benadering wat uitgaan van die standpunt dat die psigiese en fisiese saamwerk in die hantering van kanker.

Wat is jou reaksie op die diagnose?

Hoe ons dink het ’n direkte invloed op die beter hantering van behandelingsterapie. Daar is ’n direkte verband tussen hoe ons emosioneel op iets reageer en hoe ons liggaam daarop reageer. Ons immuunstelsel bestaan uit witbloedselle wat kankerselle moet beveg. Hoop, vreugde en liefde werk direk op die senuweestelsel in en skei hormone af wat die immuunstelsel ondersteun.

Gee hierdie metode nie vals hoop nie?

Nee. Die metode waarborg nie herstel van kanker nie, maar dit gee egte hoop, help jou om die siekte en behandeling baie beter te hanteer, en verbeter jou lewenskwaliteit. Hoop is noodsaaklik vir die kankerpasiënt omdat dit sy of haar houding teenoor die siekte en die lewe verander.