Persoonlike Probleme?
- Moeg gestoei?
- Moedeloos?
- Kan jy dinge nie meer hanteer nie?
- Weet jy nie watter kant toe nie?
- Is die lewe vir jou te veel?
- Worstel jy met ’n probleem en kan jy nie vrede kry nie?
- Wil jy vry kom van dinge wat jou terughou in die lewe?
- Wil jy ’n lewe in oorvloed hê?
Waarmee worstel jy tans?
- ’n Moeilike tyd of krisis in jou lewe
- Geestelike onderwerpe en geloofskrisisse
- Angs, woede, stres en depressie
- Die sukkel met die oorgang na ’n nuwe lewensfase
- Selfontwikkeling en persoonlike groei
- Verhoudingsprobleme soos konflik, verwerping en vergifnis
- Herstel na gebroke verhoudings
Die goeie nuus vir jou is: dit kan anders wees. Ek kan ’n verskil in jou lewe maak. Ek kan jou help om ontslae te raak van jou las en om weer die lewe in oorvloed te leef. Om hulp te kry kan nie makliker wees nie — dit is net ’n oproep ver. Moenie uitstel nie, kry nou hulp.