Project Description

Is jy seksueel gemolesteer?

Jy is nie alleen nie. Een uit elke drie vroue en een uit sewe seuns is seksueel misbruik voor hulle 18 jaar oud is.

As jy as kind gemolesteer is lei jy heelwaarskynlik nog steeds aan die effek (lang termyn gevolge) daarvan op jou lewe. Jy mag dalk probleme hê in jou werk, verhoudings, seks, “commitment”, intimiteit of in jou gesin. Jy mag sleg voel oor jouself en dink daar is iets fout met jou. Baie van die probleme en ook ander kan teruggevoer word na die seksuele misbruik wat jy ervaar het toe jy grootgeword het.

Die skade en trauma van seksuele molestering hou nie op as die molestering ophou nie. Jy kan lang termyn gevolge ervaar wat inmeng met jou dag-tot-dag funksionering.

Hoe kan ek weer heel word?

Die belangrikste ding wat jy moet weet is dat dit moontlik is om genees te word van seksuele molestering. Jy hoef nie met die nagevolge van die molestering vir die res van jou lewe saam te leef nie. Dit kan anders wees, jy kan weer ‘n lewe in oorvloed hê. Om ‘n lewe van oorvloed te hê is meer as om net pleisters te plak op die simptome, meer as om net darem te funksioneer. Oorvloed beteken jy kan ‘n belewenis van heelheid ervaar, satisfaksie in jou lewe en werk, egte liefde en vertroue in jou verhoudings en genot van jou liggaam.
Is jy dit nie aan jou self verskuldig om die geheim te verbreek en te begin heel word nie? Die feit dat jy hier lees beteken dat jy weet jy moet hieraan aandag gee want dit is besig om jou en jou lewe om jou te verwoes. Om hier te lees was die eerste stap in die heelwordproses. Neem nou die volgende stap en soek hulp. Skakel my.
Daar is meer as woede, meer as hartseer, meer as vrees. Daar is hoop! Daar is genesing!

KONTAK BESONDERHEDE

ONTMOET DR. GRETHA HEYMANS

Dr. Gretha bied hulp aan mense wat sukkel met ‘n verskeidenheid van kwessies, insluitende depressie, spanning, of krisisse van die geloof, seksuele molestering, huwelik-, en gesinsprobleme en ‘n verskeidenheid van ander probleme.

DR. GRETHA HEYMANS
DR. GRETHA HEYMANSTERAPEUT
Dr. Heymans het verskeie grade in Teologie en ‘n meesters en doktors graad in Pastorale Terapie berader. B.A. (UOVS), B.Th (UOVS), NDT (UOVS), M.Th (UOVS), Ph.D (UOVS).

KONTAK MY

Komtak my gerus vir enige navrae of om n afspraak te maak.

Aanlyn berading beskikbaar