📞 082 926 9023 ✉️ gretha@shisas.com 📍 Fichardtpark, Bloemfontein
Aanlyn Berading Beskikbaar

Seksuele Molestering & Genesing

Daar is meer as woede, meer as hartseer, meer as vrees. Daar is hoop! Daar is genesing!

Is jy seksueel gemolesteer?

Jy is nie alleen nie. Een uit elke drie vroue en een uit sewe seuns word seksueel misbruik voor hulle 18 jaar oud is.

As jy as kind gemolesteer is, ly jy heel waarskynlik nog steeds onder die langtermyngevolge daarvan op jou lewe. Jy mag dalk probleme ervaar in jou werk, verhoudings, seksualiteit, verbintenis (“commitment”), intimiteit of in jou gesin. Jy mag sleg voel oor jouself en dink daar is iets fout met jou. Baie van hierdie probleme kan direk teruggevoer word na die seksuele misbruik wat jy ervaar het toe jy grootgeword het.

Die skade en trauma van seksuele molestering hou nie vanself op wanneer die molestering ophou nie. Jy kan langtermyngevolge ervaar wat inmeng met jou dag-tot-dag funksionering.

Hoe kan ek weer heel word?

Die belangrikste ding wat jy moet weet, is dat dit moontlik is om genees te word van seksuele molestering. Jy hoef nie vir die res van jou lewe met die nagevolge saam te leef nie. Dit kan anders wees — jy kan weer ’n lewe in oorvloed hê.

Om ’n lewe van oorvloed te hê is meer as om net pleisters op die simptome te plak en meer as om net te oorleef. Oorvloed beteken dat jy ’n belewenis van heelheid kan ervaar, satisfaksie in jou lewe en werk, egte liefde en vertroue in jou verhoudings en vrede in jouself.

Is jy dit nie aan jouself verskuldig om die geheim te verbreek en te begin heel word nie? Om hier te lees was die eerste stap in die heelwordproses. Neem nou die volgende stap en soek hulp. Alle gesprekke is streng vertroulik.