๐Ÿ“ž 082 926 9023 โœ‰๏ธ gretha@shisas.com ๐Ÿ“ Fichardtpark, Bloemfontein
Aanlyn Berading Beskikbaar

Huweliksvoorbereiding

Die huwelik is die belangrikste verhoudingsbelegging wat ons in ons lewens maak โ€” maak seker julle gaan voorbereid die huwelik binne.

Gaan jy trou?

Geluk! Ek weet jy is baie opgewonde en jou oรซ is seker vol sterre terwyl jy beplan aan jou troudag en trourok. Maar het jy al beplanning vir die huwelik gedoen? Sorg dat julle kom vir huweliksvoorbereiding!

Wat is huweliksvoorbereiding?

โ€™n Huwelik, soos enige verhouding, kan moeilik wees om in stand te hou. Geen mens het klasse gehad in hoe om oor die weg te kom met mekaar, hoe om te kommunikeer, hoe om eerlik te veg, of hoe om emosionele intimiteit te verkry nie. โ€™n Huwelik sorg nie vir homself nie โ€” dit is โ€™n lewende entiteit wat aandag en omgee verg.

Die beste tyd om aan die huwelik te werk is vรณรณr die troue. Dan is mense bereid om baie energie in te sit om van die huwelik โ€™n sukses te maak. Hierdie huweliksvormingsproses help egpare om van die begin af verantwoordelikheid vir hulle huweliksverhouding te aanvaar en saam te besluit hoe hulle dit wil doen. Met huweliksvoorbereiding word โ€™n paartjie geskool en ook gewys op moontlike konflik- en probleemareas en hoe om dit te voorkom of te hanteer.

Waaruit bestaan huweliksvoorbereiding?

Die huweliksvoorbereiding bestaan uit 6 sessies waarin die volgende temas hanteer word:

  • Sessie 1: Die huwelik in die lig van die Skrif
  • Sessie 2: Ken jouself
  • Sessie 3: Ken jou maat
  • Sessie 4: Gesin van oorsprong
  • Sessie 5: Kommunikasie en konflikhantering
  • Sessie 6: Seksualiteit

Huweliksvoorbereiding help paartjies om te verstaan dat die huwelik van God af kom, en hoe hulle kan bou aan die unieke en nuwe identiteit van hulle eie besondere verhouding met mekaar. Nie net leer elkeen meer oor hom-/haarself, die verhouding, kommunikasie en konflikhantering nie, maar daar word ook in diepte gekyk na beide individue se gesin van oorsprong, waaruit verskillende perspektiewe oor โ€™n huwelik ontstaan.

In die voorbereiding word gebruik gemaak van vraelyste en wedersydse gesprekke tussen โ€™n paartjie oor die ideale en verwagtinge vir hulle huwelik, asook praktiese take wat die gesprek tussen sessies verdiep.