Dr. Gretha Heymans

“Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” Joh 10:10

ONTMOET DR. GRETHA HEYMANS

Dr. Gretha bied hulp aan mense wat sukkel met ‘n verskeidenheid van kwessies, insluitende depressie, spanning, of krisisse van die geloof, seksuele molestering, huwelik-, en gesinsprobleme en ‘n verskeidenheid van ander probleme.

DR. GRETHA HEYMANS
DR. GRETHA HEYMANSTERAPEUT
Dr. Heymans het verskeie grade in Teologie en ‘n meesters en doktors graad in Pastorale Terapie berader. B.A. (UOVS), B.Th (UOVS), NDT (UOVS), M.Th (UOVS), Ph.D (UOVS).

Wie is Dr Gretha Heymans?

Dr. Heymans was jare lank ‘n leraar in ‘n NG Kerk. Tans is sy deeltyds leraar in die NG Kerk en voltyds pastorale terapeut. As gevolg van jare in die bediening het sy jare se ervaring van pastorale berading en terapie en is sy ‘n kundige en ervare berader. Jy kan verseker wees sy bied jou ‘n omgewing van sekuriteit, sorg en deernis en is gemotiveerd om jou moeilikhede vanuit ‘n ander hoek te sien en strategieë voor te stel vir vorentoe beweeg, hoe om jou volle potensiaal te ontwikkel en ‘n meer vervulde mens te wees.

Dr. Gretha bied hulp aan mense wat sukkel met ‘n verskeidenheid van kwessies, insluitende depressie, spanning, of krisisse van die geloof, seksuele molestering, huwelik-, en gesinsprobleme en ‘n verskeidenheid van ander probleme.

“Ek wil graag hê dat jy die beste lewe moet kan leef as wat jy kan. Daarom is my uitgangspunt:  “Ek het gekom dat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed” (Joh 10:10). Christus het gekom sodat jy ‘n oorvloedige lewe kan hê en daarmee wil ek jou help. Jy hoef met niks minder as dit tevrede te wees nie.”

Wanneer het jy terapie nodig?

Voel jy vasgevang, oorweldig, verlore in jou omstandighede? Is jy onseker en weet nie waarheen jou lewe oppad is nie? Het die lewe sy sin verloor? Jy weet nie hoe om van die oorweldigende gevoel ontslae te raak of weer passievol die lewe te leef nie. ‘n Pastorale Terapeut kan help. Al hoe meer mense besoek pastorale beraders om hulself beter te verstaan, om hulself te “ontdek”, te groei en om nie “slagoffers” te wees wat die heeltyd oor hulle probleme kla en broei nie. Jou probleme hoef jou nie te beheer nie. Jy kan beheer neem oor jou probleme.

Jy redeneer dalk ek het nie terapie nodig nie. Ek bespreek my probleme sommer met my vriende/ vriendinne. Onthou vriende/vriendinne luister nie objektief na jou nie. ‘n Kundige buitestander is nodig om objektief na jou te luister en kan jou help om nuwe perspektief te kry op jou lewe. Jy gaan heel moontlik nie gemaklik voel om jou ware emosies met jou vriend/ vriendin te deel nie.

Enige iemand kan baat by berading selfs al is jy net verward of hartseer. Jy is juis nie ‘n swakkeling as jy bereid is om pynvolle ervarings, emosies of herinneringe te deel en ook soms jou gedrag te verander en heel te word nie.
Jy sal weet of die tyd ryp is om ‘n afspraak te maak. Luister na jouself en kyk na jou gedrag. Enige groot aanpassing of traumatiese gebeurtenis kan jou balans versteur.

Dit is nie maklik om te erken as jy hulp nodig het, en om daardie stap te neem om te gaan hulp soek nie, maar die feit dat jy op hierdie webblad is, is ‘n eerste stap om hulp te soek.
Kry eerder te vroeg hulp as te laat.

Wat kan jy verwag?

‘n Terapeut gee nie net raad nie maar begelei jou om tot self-insig te kom deur die “regte” vrae te vra. Hieruit kom jou eie raad en oplossings. Die verloop van sessies hang af van die probleem en jou behoeftes.

Die metodes wat onder andere gebruik word is visualisasie terapie. Dit is ‘n metode waar die persoon deur middel van visualisasie dadelik weer gekonfronteer word met gevoelens wat hy/sy tydens ‘n sekere gebeurtenis (positief of negatief) belewe het. Die voordeel daarvan is dat die persoon ou negatiewe prentjies met nuwe positiewe prentjies vervang en dan vanuit die nuwe prentjies leef. Buiten dat visualisasie baie effektief gebruik kan word vir traumatiese gebeurtenisse kan dit ook baie effektief gebruik word by motivering bv. vir studies, gewigsverlies, doelwit bereiking, ens.

Met die pastorale narratiewe metode word ‘n persoon se eie lewenstorie weer in verband gebring, direk of indirek met God se Groot Storie vir sy/haar lewe. Daar word ook gebruik gemaak van geneagramme waar daar na ‘n persoon se familiegeskiedenis gekyk word. Dr. Heymans maak ook gebruik van rasioneel-emotiewe terapie waar daar gekyk word na ‘n bepaalde denkproses wat die emosies bepaal wat ervaar word op ‘n spesifieke gebeurtenis, en hoe die denkproses verander kan word. Sy gebruik verder ook CD’s, vraelyste, asook internasionaal erkende tegnieke.

Daar word na elke sessie moontlike vrae geïdentifiseer waaroor kliënte moet nadink en terugvoer moet gee tydens die volgende sessie. Huiswerk word ook gegee om die veranderings wat moontlik ter sprake is te vestig.

KONTAK MY

Komtak my gerus vir enige navrae of om n afspraak te maak.

Aanlyn berading beskikbaar