Project Description

Gaan jy trou?

Geluk! Ek weet jy is baie opgewonde en jou oë is seker vol sterre en jy beplan aan jou troudag en trourok. Maar het jy al beplanning vir die huwelik gedoen? Sorg dat jy kom vir huweliksvoorbereiding!

Wat is huweliksvoorbereiding?

‘n Huwelik, soos enige verhouding, kan moeilik wees om in stand te hou. Geen mens het klasse gehad in hoe om oor die weg te kom met mekaar, hoe om te kommunikeer, hoe om eerlik te veg, of hoe om emosionele intimiteit te verkry nie. ‘n Huwelik sorg nie vir homself nie, dit is ‘n lewende entiteit. Dit verg aandag en omgee.

Die beste tyd om aan die huwelik te werk is voor die troue. Dan is mense bereid om baie energie in te sit om van die huwelik ‘n sukses te maak. Hierdie huweliksvormingsproses help egpare om van die begin af verantwoordelikheid vir hulle huweliksverhouding te aanvaar en saam te besluit hoe hulle dit wil doen. Met huweliksvoorbereiding word ‘n paartjie geskool en ook gewys op moontlike konflik- en probleemareas en hoe om dit te voorkom of te hanteer.

Waaruit bestaan huweliksvoorbereiding?

Die huweliksvoorbereiding bestaan uit 6 sessies. Die volgende temas word hanteer:

  • Die huwelik in die lig van die Skrif
  • Ken jouself
  • Ken jou maat
  • Gesin van oorsprong
  • Kommunikasie en konflik hantering
  • Seksualiteit

Huweliksvoorbereiding help paartjies om te verstaan dat die huwelik van God af kom, en hoe hulle ook kan bou aan die unieke en nuwe identiteit van hulle eie besondere verhouding met mekaar. Nie net leer elkeen meer oor hom/haarself, die verhouding, kommunikasie en konflik hantering nie, maar daar word ook in diepte gekyk na beide individue se gesin van oorsprong, waaruit verskillende perspektiewe oor ‘n huwelik ontstaan.

In die voorbereiding word gebruik gemaak van vraelyste en wedersydse gesprekke tussen ‘n paartjie oor die ideale van wat verwag word uit die huwelik. Daar word ook take gegee wat die paartjie help om die gesprek voort te sit ná die sessie.Die huwelik is die belangrikste belegging in verhoudings wat ons in ons lewens maak. Maak seker jy maak dit die beste belegging deur voorbereid in die huwelik in te gaan.

Wat is jou reaksie op die diagnose?

Hoe ons dink het ‘n direkte invloed op moontlike genesing of die beter hantering van die behandelingsterapie (bestraling, chemoterapie, operasie). Ons denke het ‘n invloed op ons genesing. Ons reageer met ons emosies en verstand op die lewe en op siekte. Ons reageer op goeie nuus en slegte nuus. Ons liggame reageer ook daarop. Daar is ‘n direkte gevolg tussen hoe ons emosioneel reageer op iets en hoe ons liggaam daarop reageer. Ons immuunstelsel word ook direk beïnvloed deur ons reaksie op ons emosies/gedagtes.

Gee hierdie metode nie vals hoop nie?

Nee. Die metode waarborg nie herstel nie. Dit gee hoop, help jou om die siekte beter te hanteer en verleng jou lewensverwagting. Die vraag na valse hoop suggereer dat mense geen hoop moet hê nie want daar is altyd ‘n kans dat hy/sy teleurgestel kan word. So ‘n geloof gee geen basis vir ‘n vervulde lewe of om die vrees van die bedreiging van ‘n lewe te hanteer nie. Ons trou met geen waarborg dat die huwelik gelukkig sal wees nie. Maar as ons trou met die gedagte dat die huwelik sal misluk, verhoog dit die kans dat dit sal misluk. ‘n Positiewe verwagting waarborg nie ‘n suksesvolle huwelik nie, maar verhoog die kans vir ‘n suksesvolle huwelik en die kwaliteit van die verhouding. Die pasiënt se siening en geloof oor sy/haar siekte vir herstel speel ‘n belangrike rol. Baie persone wat hierdie metode gebruik, sterf nog, alhoewel in baie gevalle het die pasiënte verby hulle prognose geleef en het ‘n kwaliteit lewe gelei wat hulle nie sou gehad het sonder die metode nie. Hulle het die siekte baie beter hanteer. Hoop is belangrik vir die kankerpasiënt want dit verander sy/haar houding teenoor die siekte.

Ons immuunsisteem bestaan uit witbloedselle, wat die goeie selle is, wat die kankerselle moet beveg. As daar ‘n gedagte/emosie gekommunikeer word reageer ons witbloedselle daarop. Hierdie witbloedselle word deur ons emosies/gedagtes beïnvloed. Hoop en vrees het ‘n direkte invloed op ons immuunstelsel. Hoop, vreugde en liefde werk direk op die senuweestelsel in en skei hormone af wat ons goed laat voel en gesond kan maak. Jou geestesingesteldheid beïnvloed jou immuunsisteem wat weer ‘n invloed het teen die bevegting van siekte. Geloof in heling stimuleer die immuunsisteem en dit kan lei tot die genesing van die liggaam.

KONTAK BESONDERHEDE

ONTMOET DR. GRETHA HEYMANS

Dr. Gretha bied hulp aan mense wat sukkel met ‘n verskeidenheid van kwessies, insluitende depressie, spanning, of krisisse van die geloof, seksuele molestering, huwelik-, en gesinsprobleme en ‘n verskeidenheid van ander probleme.

DR. GRETHA HEYMANS
DR. GRETHA HEYMANSTERAPEUT
Dr. Heymans het verskeie grade in Teologie en ‘n meesters en doktors graad in Pastorale Terapie berader. B.A. (UOVS), B.Th (UOVS), NDT (UOVS), M.Th (UOVS), Ph.D (UOVS).

KONTAK MY

Komtak my gerus vir enige navrae of om n afspraak te maak.

Aanlyn berading beskikbaar