Project Description

Ongelukkig in jou huwelik?

Iewers het iets groot verkeerd geloop….. Jy weet nie waar nie of miskien weet jy presies waar dit gebeur het, maar jou huwelik is nie wat jy wil hê dit moet wees nie. Daar is stilswye of ‘n voortdurende konflik situasie tussen jou en jou maat wat oneindige spanning en ongelukkigheid mee bring.

Moet ek skei?

Jy weet nie meer watter kant toe nie en egskeiding lyk vir jou na die enigste oplossing. Dink weer…. Egskeiding is radikaal, dit is meer as net jy en jou maat wat daardeur geraak word, daar is ‘n klomp mense by julle betrokke wat dit raak. Maar dit raak kinders die meeste. Dit het ‘n ontwrigtende invloed op die kinders. Dit tas onder andere die kinders se selfbeeld aan, ander uitvloeisels wat baie keer terug gevoer kan word na egskeiding is onmoontlikheid om met die kinders huis te hou, opstandigheid, depressie, jeugmisdaad, jeugselfmoord, tienerswangerskappe, buite-egtelike verhoudings en so kan ons aangaan met die lys. As jy enigsins kan moenie dit aan jou kinders doen nie.

Wat moet ek doen?

Jy is dit aan jouself verskuldig om te kom vir terapie. In huweliksberading gaan dit nie om ‘n konflikvrye verhouding en ‘n probleemlose huwelik daar te stel nie. Dit gaan oor die vraag: hoe kan ons die bestaande probleme op ‘n konstruktiewe wyse hanteer? Hoe kan ons van die huwelikskrisis ‘n geleentheid maak tot verdieping en groei? Dit is om konflik te sien, nie net as ‘n aftakeling van mekaar nie en om al meer verwyderd van mekaar te wees nie, maar as deel van ‘n groeiproses na liefdevolle intimiteit. Berading gaan nie net oor probleemhantering nie maar ook die avontuur waar huweliksmaats mekaar weer opnuut ontdek.

Kan ek alleen kom?

Verhoudingsprobleme is nooit net een party se skuld nie. Maar as jou maat nie wil saam kom nie, kan dit nog steeds voordelig wees as jy alleen kom. Jy kan jou gedrag beter verstaan en leer hoe om sekere situasies beter te hanteer.

Laat egskeiding jou laaste opsie wees. Jy kan nie skei voor jy nie eers probeer het om die huwelik te red nie. Moenie een van die statistieke word nie. Daar is altyd hoop op herstel. Elke huwelik het die potensiaal om anders en beter te word.

KONTAK BESONDERHEDE

ONTMOET DR. GRETHA HEYMANS

Dr. Gretha bied hulp aan mense wat sukkel met ‘n verskeidenheid van kwessies, insluitende depressie, spanning, of krisisse van die geloof, seksuele molestering, huwelik-, en gesinsprobleme en ‘n verskeidenheid van ander probleme.

DR. GRETHA HEYMANS
DR. GRETHA HEYMANSTERAPEUT
Dr. Heymans het verskeie grade in Teologie en ‘n meesters en doktors graad in Pastorale Terapie berader. B.A. (UOVS), B.Th (UOVS), NDT (UOVS), M.Th (UOVS), Ph.D (UOVS).

KONTAK MY

Komtak my gerus vir enige navrae of om n afspraak te maak.

Aanlyn berading beskikbaar.